Agape aanbiddingsentrum is ‘n kerk-familie in Kleinmond met ‘n groot hart vir mense, ons dorp en God. Ons is passievol oor Jesus, Sy boodskap en Sy missie. Met die hulp van die Heilige Gees streef ons daarna om ‘n dieper verhouding te hê met God en mense. Ons hou van saam kuier, lag en om dieper in geloof te groei.
Ons glo in die hoofletter Kerk (Romeine 12:4-5) Ons definieer ons gemeente nie primêr binne denominele verband nie, maar sien onsself as deel van die Pinkster en Charasmatiese beweging. Ons assosieer op verskeie vlakke met ander gemeentes en denominasies en het verhouding met verskillende gemeentes uit verskillende denominasies asook onafhanklikr gemeentes. Dit is lekker om te besef dat die Here elke kerk roep om ‘n rol te speel en ‘n geestelike huis te wees vir elke gelowige. Nes al die ander gemeentes in ons dorp, het Agape aanbiddingsentrum ook ‘n doel om te bereik in ons onmiddelike omgewing en groter area en wêreld.